(6 groot muffins)

  • 150 g (270 ml) meel
  • 150 g (270 ml) bruinbroodmeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 5 ml fyn kaneel
  • 5 ml neutmuskaat
  • 1 ml sout
  • 400 g (500 ml) suiker
  • 375 ml sonneblomolie
  • 60 ml kookwater
  • 4 eiers, geskei
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 200 g gerasperde rou patats
  • 100 g grofgekapte pekanneute

Versiersel

  • 250 g (480 ml) versiersuiker, gesif
  • 30 ml botter
  • 125 g roomkaas
  • 50 g pekanneute, grofgekap

Verhit jou oond tot 180 °C. Voer 6 groot muffinpanne uit met bakpapier en smeer of spuit die papier. Sif die meel (maar nie die bruinbroodmeel nie), bakpoeier, kaneel, neutmuskaat en sout saam in ’n groot mengbak. Voeg die bruinbroodmeel by en meng goed. Klits die suiker en sonneblomolie goed saam en voeg die kookwater by. Klits die eiergele by die oliemengsel. Roer die oliemengsel by die meelmengsel en meng deeglik saam. Vou die vanieljegeursel, gerasperde patats en pekanneute by. Klits die eierwitte styf en vou versigtig in die mengsel. Skep die mengsel in die muffinpanne en bak vir 45 - 50 minute tot gaar. Maak intussen die versiersel aan. Meng die versiersuiker en botter. (Dit sal soos broodkrummels lyk.) Voeg die roomkaas by en meng tot ’n gladde mengsel. Hou in die yskas tot benodig. Wanneer die muffins klaar gebak is, haal uit die oond en laat heeltemal afkoel voor jy hulle versier. Skep ’n lekker groot eetlepel versiersel in die middel boop elke muffin en sprinkel die grofgekapte pekanneute bo-oor.