(genoeg vir 8)

  • 8 eierwitte
  • 630 g (750 ml) strooisuiker
  • 20 ml witasyn
  • 30 ml mielieblom
  • 60 ml goeie kakao
  • 250 g mascarpone-kaas
  • 1 liter donkersjokolade-roomys
  • 250 g bessies van jou keuse
  • kakao vir oorsif
  • 100 ml heuning

Verhit oond tot 160 °C. Plaas eier witte in elektriese menger se bak en klits op hoë spoed tot sagte punte vorm. Hou aan met klits ter wyl jy die strooisuiker geleidelik byvoeg. Klits tot mengsel blink en styf is. Voeg asyn by en klits vir nog 1 minuut. Vou mielieblom in. Skep ? van meringue in skoon mengbak en voeg kakao by. Meng goed. Vou kakao-meringue liggies by res van meringue in sodat dit soos marmer lyk. Voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei.

Skep lepels vol van die meringue in ’n sirkel op die bakplaat sodat dit soos ’n Kerskrans lyk. Bak vir 45 – 60 minute of tot meringue aan die buitekant bros is, maar die binnekant sag soos malvalekkers. Laat afkoel op bakpapier.

Ver wyder versigtig met slaplemmes en plaas op groot opdienbord. As die krans dalk breek, kan jy net die twee helftes langs mekaar op die bord sit. Skep lepels vol van die mascarpone-kaas en balle roomys op die meringue, met bessies tussenin. Sif kakao oor en sprinkel heuning bo-op. Sit dadelik voor.

OM TE DRINK

Blaauwklippen Zinfandel Noble Late Harvest 2010 (R189)