6 porsies

Deeg

  • 125 g (135 ml) botter
  • 90 g (170 ml) versiersuiker
  • 5 ml vanieljegeursel
  •  knippie sout
  • 1 eier
  • 250 g (445 ml) koekmeel, gesif

Room botter, versiersuiker, vanieljegeursel, sout en eier saam tot lig en romerig. Voeg meel by en meng tot deeg vorm. Bedek met kleefplastiek en sit in die yskas vir sowat 2 uur. Verhit oond tot 200 °C. Rol deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak en voer ’n gesmeerde tertbord (5 cm diep en 24 cm in deursnee) daarmee uit. Plaas ’n groot stuk bakpapier bo-op die deeg en vul deegdop met droë bone. Bak vir 10 minute. Haal uit en verwyder die papier en bone. (Hou die bone vir volgende keer se blind bak.)

 Vulsel

  • 140 g (150 ml) ongesoute botter
  • 150 g 70%-sjokolade
  • 48 g (120 ml) kakoa,gesif
  • knippie sout
  • 4 eiers
  • 200 g (240 ml) strooisuiker
  • 45 ml gouestroop
  • 50 ml room
  • 4 Packham’s Triumph-pere, geskil

Verlaag oondtemperatuur tot 150 °C. Plaas botter, sjokolade, kakao en sout saam in ’n mengbak. Plaas bak oor ’n kastrol met kookwater (maak seker die bak raak nie aan die water nie). Die water moet net prut. Roer nou en dan tot alles gesmelt is. Klits eiers en strooisuiker saam tot lig en romerig. Voeg gouestroop en room by geklitste eier-mengsel. Voeg sjokolade-mengsel daarby en meng goed. Gooi in deegdop en rangskik pere bo-op. Bak vir 1 uur en 15 minute. Laat afkoel. Sit voor met geklopte room.

Om te drink

Espresso en Wilderer’s Distillery in die Paarl se peer-grappa.