Jou gaste sal dol wees oor hierdie maklike nagereg.

Genoeg vir 6

• 70 g (125 ml) koekmeel, gesif

• 10 ml strooisuiker

• 2,5 ml kaneel

• 12,5 ml sonneblomolie

• 80 ml melk

• 1 eier, geskei

• 80 ml soetwyn

• sonneblomolie vir diepbraai

• 2 medium-ferm pere, in kwarte gesny

Sif droë bestanddele saam. Meng 12,5 ml olie, melk, eiergeel en soetwyn. Maak ’n gat in middel van meelmengsel en voeg soetwynmengsel by. Klits tot glad. Klits eierwit tot sagte punte vorm en vou by mengsel in. Verhit sonneblomolie in middelslag-pot tot warm. Doop peerkwarte in beslag en diepbraai in warm olie tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier. Sit voor met roomys of styfgeklopte room.