(2 liter)

  • 200 g (250 ml) suiker
  • 200 g pekanneute
  • 3 eiers
  • 2 eiergele
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 220 g (260 ml) strooisuiker
  • 500 ml room

Smelt die 200 g suiker stadig oor lae hitte terwyl jy roer. Die suiker moet gesmelt wees voordat dit begin karamelliseer. Verhit totdat suiker lekker gekaramelliseer is - mooi goudbruin. Haal van hitte af en voeg pekanneute by. Meng goed en keer uit op bakplaat wat uitgevoer is met goedgesmeerde tinfoelie. Laat heeltemal koud word. Kap pralien (neute-suiker-mengsel) fyn in voedselverwerker en hou eenkant. Plaas eiers, eiergele, geursel en strooisuiker in 'n bak wat oor 'n kastrol met kookwater pas. Klits mengsel (verkieslik met elektriese handklitser) in bak oor kookwater tot dik en lig van kleur. Haal bak van kastrol af en laat effens afkoel. Klop room styf en vou in eiermengsel in. Voeg pralien by en meng goed. Gooi mengsel in 'n houer en plaas in vrieskas - verkieslik oornag.