6 groot muffins

  • 52 g (65 ml) botter
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 2 eiers
  • knippie sout
  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 125 ml melk
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 100 g witsjokolade, in stukke gebreek
  • 100 g pistasieneute (pistachio nuts), grofgekap

Verhit oond tot 180 °C. Voer muffinpanne uit met bakpapier. Room botter, suiker, eiers en sout saam tot lig en romerig. Sif meel en bakpoeier saam. Voeg by bottermengsel, saam met melk en vanieljegeursel. Vou neute en sjokolade in. Skep muffinpanne tweederdes vol en bak vir 40 – 45 minute. Toets met dun pennetjie.