(6 porsies)

  • 4 volkoring-tortillas
  • 1 x tamatie-basissous
  • 240 g songedroogde tamaties in olie, gedreineer
  • 2 x 100 g bokmelkkaas
  • 10 ml droë origanum
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 30 g vars basilieblare

Verhit oond tot 200 ºC. Plaas tortillas op bakplaat wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Verdeel tamatiesous tussen tortillas en versprei eweredig. Sprinkel tamaties oor. Sny kaas in ringe en pak op pizzas. Sprinkel origanum oor. Geur goed met sout en swartpeper. Bak 15 – 20 minute of tot goudbruin en gaar. Sprinkel vars basilieblare oor en sit voor.