15 – 20 horinkies

  • 250 g malvalekkers (dis sowat 20 lekkers)
  • 60 ml botter, gesmelt
  • 1,5 liter pofrys (Rice Krispies)
  • 2 ml vanieljegeursel
  • 15 – 20 roomys-horinkies

  1. Gooi water in ’n kastrol en plaas dit op die stoof. Draai temperatuur tot laag wanneer water begin kook. Gooi malvalekkers en gesmelte botter in ’n bak (glas of metaal) en plaas dit bo-op die kastrol. Die malvalekkers sal begin smelt. Jy kan elke nou en dan met ’n houtlepel roer.
  2. Gooi pofrys in ’n groot bak en gooi gesmelte malvalekkers-en-botter by. Roer dadelik totdat alles goed gemeng is. Voeg vanieljegeursel by.
  3. Skep  mengsel in horinkies. Druk dit effens vas met jou hande – maak net eers seker dis nie te warm nie.