Kors

  • 2 x 400 g-rolle blaardeeg, ontdooi oornag in yskas
  • ekstra koekmeel vir uitrol

Vulsel

  • 530 g (660 ml) strooisuiker
  • 320 ml water
  • 1 stuk pypkaneel
  • 620 ml melk
  • 50 g (90 ml) koekmeel
  • 12 eiergele
  • 5 ml vanieljegeursel

Plaas velle deeg op mekaar. Sprinkel meel op werkvlak en rol deeg uit tot sowat 5 mm dik.

Verdeel deeg in twee ewe groot porsies. Sprinkel nog meel op werkvlak. Sit deeghelfte regop neer en druk met handpalm plat. Rol nou met koekroller tot sowat 3 mm-dik sirkel uit.

Spuit ’n 25 cm-losboom-koekpan goed met kleefwerende kossproei. Voer pan uit met deegsirkel en sny deeg wat oorhang netjies af. Herhaal dan met die tweede deeghelfte.

Maak vulsel só

Verhit oond tot 200 °C. Plaas strooisuiker, water en kaneel in ’n middelslagpot. Bring tot kookpunt en laat kook tot vloeistof met helfte verminder het. Plaas melk, meel, eiers en vanieljegeursel in mengbak. Klits goed. Voeg suikerstroop by en meng. Plaas terug in pot en roer oor matige hitte met ’n draadklitser tot die mengsel verdik, sowat 10 minute. Gooi vulsel in kors en bak vir 45 – 60 minute of tot bokant donkerbruin en vulsel gestol soos jellie is. Laat afkoel en verwyder ring.