genoeg vir 6 – 8

• sowat 40 ml olyfolie

• 600 g preie, in stukke van sowat 2 cm gesny

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 8 gaar Mediterreense aartappels

• 300 g cheddarkaas, gerasper

• 3 – 4 velle blaardeeg (200 g elk)

• 1 eier, geklits

Verhit oond tot 180 °C. Verhit olyfolie in ’n diep pan. Gooi preie en knoffel in pan. Geur met sout en peper. Braai sowat 2 minute en maak pan toe met ’n deksel. Verlaag hitte van stoofplaat. Roer preie elke nou en dan. Braai tot sag en laat afkoel. Verwyder skil van aartappels en sny in skywe. Hou eenkant. Meng cheddarkaas met afgekoelde preie en hou eenkant. Voer ’n tertbak van sowat 18 cm in deursnee uit met blaardeeg. Pak ’n

laag aartappels in die tertbak en skep dan ’n laag van die preie-en-kaas-mengsel bo-op. Herhaal lae tot alles opgebruik is. Bedek vulsel met deeg. Verf met geklitste eier. Sny lang dun stroke deeg en versier pastei bo-op. Verf stroke ook met geklitste eier. Plaas in oond en bak 1 uur. Haal uit en sit warm voor.