(6 - 8 porsies)

Verhit oond tot 200 °C. Koop 250 g ontpitte pruimedante. Gebruik 100 g gepelde amandels en druk een in elke pruimedant. Sny 250 g repiespek (streaky bacon) in stukke. Draai elke pruimedant met spek toe, steek vas met 'n tandestokkie en plaas op 'n bakplaat. Rooster tot spek bros en gaar is.