(Genoeg vir 1 Groot koek)

  • 4 eiers
  • 300 ml kanola-olie
  • 270 g (375 ml) suiker
  • 230 g (400 ml) glutenvrye koekmeel
  • 65 g (125 ml) sorghummeel
  • 5 ml kaneel
  • 2 m sout
  • 10 ml koeksoda (meng met 1/4 koppie melk)
  • 250 ml gerasperde wortel
  • 250 ml fyn piesang
  • 1 x 410 g-blik fyn pynappel, goed gedreineer
  • 100 g pekanneute

Roomkaas-versiersel

  • 125 g botter
  • 560 g (1 080 ml) versiersuiker, gesif
  • 250 g roomkaas
  • 5 ml vanieljegeursel
  • fyn kaneel vir oorsif

Verhit oond tot 180 °C. Klits eiers, olie en suiker saam. Sif droë bestanddele saam en voeg by eiermengsel. Voeg koeksoda-en-melk-mengsel by en meng. Voeg wortel, piesang, pynappel en neute by. Meng goed en gooi mengsel in ’n groot ringpan van 20 x 18 cmwat goed gespuit is met kleefwerende kossproei. Bak 50 – 60 min of tot toetspen skoon uitkom. Keer uit op afkoelrak en laat afkoel.

Versiersel

Klits botter en versiersuiker saam tot lig en romerig. Voeg roomkaas en vanielje by. Meng goed. Plaas koek op opdienbord en skep versiersel bo-op. Sif kaneel oor en sit voor.