4 – 6 porsies

Deeg

  • 100 g (180 ml) koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 50 g ricotta-kaas
  • sowat 45 ml melk
  • sowat 45 ml sonneblomolie
  • 30 ml suiker
  • 1 ml sout

Vulsel

  • 200 g rabarber100 g frambose (vars of bevrore)
  • 30 – 45 ml brood- of beskuitkrummels
  • 50 g (60 ml) suiker

Meringue

  • 1 eierwit
  • 30 ml suiker

Verhit oond tot 175 ºC. Sif meel en bakpoeier saam. Voeg ricotta-kaas, melk, olie, suiker en sout by. Knie deeg met die hand of ’n elektriese menger tot glad en elasties. Draai in kleefplastiek of foelie toe en laat rus teen kamertemperatuur. Was rabarber en sny ente van stingels af. Skil indien nodig. Sny in 3 cm-skywe. Moenie die frambose ontdooi as jy bevrores gebruik nie. Smeer ’n losboompan van 20 cm in deursnee met botter. Druk deeg goed teen bodem en kante vas. Besprinkel bodem met broodkrummels. Bedek met rabarber en (bevrore) frambose en besprinkel met suiker. Bak vir sowat 25 minute. Maak intussen die meringue: Klits eierwit tot baie styf. Voeg suiker stadig by terwyl jy klits totdat die mengsel dik en romerig is. Smeer meringue bo-op gebakte tert en bak verder vir 5 tot 7 minute tot ligbruin bo-op. Haal uit en laat afkoel.