Dit bly baie bekostigbaar en jy kan met min moeite iets baie moois aanmekaar sit!

genoeg vir 30-40 skuimpies

* 2 eierwitte

* 125 g (150 ml) strooisuiker

* 10 ml roosgeursel, of enige ander geursel van jou keuse

* 5 ml pienk koskleursel

* 30 ml wit asyn

* 100 g donkersjokolade, gesmelt

Verhit oond tot 140 °C. Klits eierwitte in elektriese menger tot sagte punte vorm. Voeg strooisuiker geleidelik by en hou aan klits tot blink en styf. Voeg geursel, kleursel en asyn by en klits tot goed gemeng. Skep meringuemengsel in spuitsak met 1 cm-stertuit. Voer bakplaat met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. Spuit meringuerosette van so 2 cm in deursnee op bakplaat. Bak vir sowat 15-20 minute of tot bros maar nog sag binne. Laat afkoel op bakplaat. Doop onderkante van skuimpies in gesmelte sjokolade en plaas terug op bakplaat. Laat sjokolade hard word en sit voor.

WENK: Plak die skuimpies met die sjokolade op ’n polistireenkegel soos op ons foto.