Dié resep is my vinnige, maklike manier van kaaskoek maak. Jy moet dit voorsit sodra jy dit gemaak het, anders word die deeg pap.

Genoeg vir 10 – 12

Baktyd: 10 – 12 minute

  • 3 velle fillodeeg
  • 45 ml kanola-olie
  • 60 ml versiersuiker

Vulsel

  • 2 x 300 g-pakkies ricotta-kaas
  • 100 g 70%-donkersjokolade, fyngekap
  • 250 ml heuning-jogurt
  • 5 ml vanieljegeursel
  • bessies van jou keuse

Verhit oond tot 180 ºC. Sny elke vel fillo in 4 gelyke dele – jy wil 12 vierkante hê. Plaas op bakplaat wat goed gespuit is met kleefwerende kossproei. Verf elke vel met olie en sif suiker oor. Bak vir 10-12 minute of tot goudbruin en bros. Plaas ricotta, jogurt en vanielje in mengbak van elektriese klitser. Klits op hoë spoed tot romerige mengsel. Voeg sjokolade by en klits tot goed gemeng. Skep mengsel in versiersak met ’n 1 cm tuit. Plaas twee velle fillo op opdien bord en spuit vier lyne van die vulsel op die deeg sowat 1 cm uitmekaar. Plaas nog twee velle deeg bo-op en spuit weer 4 lyne vulsel op deeg. Herhaal tot al die fillo en vulsel op is. Eindig met fillo. Sit bessies bo-op en sit voor.