(4 porsies – 12 koekies)

Verhit oond tot 180 °C. Halveer 6 groot rosa-tamaties en plaas op bakplaat. Sprinkel 30 ml olyfolie oor en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Plaas 500 g ricottakaas, 350 g gerasperde murgpampoentjies,

2 ringe gekrummelde fetakaas, 1 fyngedrukte knoffelhuisie, ’n hand vol vars gekapte basiliekruid en 30 ml bruismeel in ’n mengbak en meng goed. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Skep mengsel in holtes van gesmeerde standaard-muffinpanne en plaas saam met tamaties in oond. Bak vir sowat 30 – 35 minute. Sit voor saam met Griekse jogurt.