(8 rolletjies)

  • 375 ml water
  • 10 g kitsgis
  • 10 ml melasse
  • 10 ml sout
  • 10 ml karwysaad
  • 225 g (400 ml) volkoringrogmeel
  • 335 g (600 ml) broodmeel

Plaas water, gis, melasse, sout en karwysaad in bak van elektriese klitser. Roer met houtlepel tot goed gemeng. Voeg rogmeel by en meng goed. Voeg broodmeel geleidelik by en meng tot kniebare deeg met die K-spaan. Meng vir 8 – 10 minute of tot deeg in een bal saamkom. Plaas deeg in skoon bak wat liggies met olie gesmeer is. Bedek met kleefplastiek en laat rys op warm plek tot dubbel in volume, sowat 30 – 45 minute. Verhit oond tot 220 ºC. Sprinkel lagie meel op werkoppervlak en keer deeg uit. Verdeel in 8 ewe groot porsies. Rol in netjiese ronde balle. Plaas op bakplaat wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Laat rys weer vir 10 – 15 minute op warm plek of tot dubbel in grootte. Plaas in warm oond en bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en bros. Laat afkoel.