6 – 8 porsies

Deeg

  • 350 g (625 ml) meelblom
  • 2,5 ml sout
  • 125 ml olyfolie
  • 125 ml louwarm water

Sif meel en sout en meng dit met olyfolie en louwarm water tot die deeg bymekaarkom. Vorm tot ’n bal, druk effens plat, draai toe en verkoel vir 30 minute.

Vulsel

  • 750 g vars spinasie
  • 2 middelslag uie, fyngekap
  • 60 ml olyfolie
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 5 ml vars tiemieblaartjies
  • 375 g swart olywe
  • 2 eiers
  • 30 ml crème fraîche
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • knippie neutmuskaat

Was spinasie, dreineer en skeur in stukke. Hou eenkant. Braai uie in olyfolie tot sag en voeg hierby die knoffel, spinasie en tiemie. Kook totdat die vloeistof alles weggekook het. Laat dit effens afkoel en verpulp die spinasiemengsel in ’n voedselverwerker. Verhit die oond tot 200 °C. Ontpit swart olywe en sny hulle middeldeur. Roer dit in die spinasiemengsel in. Voeg nou hierby die eiers wat saamgeklits is met die crème fraîche (of lekker dik room). Geur met swartpeper en neutmuskaat en proe vir sout – onthou, die olywe self kan nogal sout wees. Rol die verkoelde tertdeeg liggies uit om die bodem en die kante van ’n tertbak van sowat 30 cm in deursnee te bedek. Giet die vulsel in die kors en probeer om die olywe mooi egalig te versprei. Bak so ’n halfuur tot die vulsel geset is, maar nog dril. Laat dit afkoel voordat jy dit voorsit.