Dié klein koekie is deesdae oral gelief. Die beste van die resep is dat jy dit met

’n gekoopte bakmengsel kan maak.

sowat 24 koekies

• 1 x Ina Paarmansjokoladekoekmengsel

• 250 ml karringmelk

• 250 ml kanola-olie

• 3 groot eiers

• 1 x 30 ml-botteltjie rooi koskleursel

Roomkaas-vulsel

• 120 g sagte botter

• 240 g versiersuiker, gesif

• 230 g roomkaas

Verhit oond tot 180 °C. Plaas koekmengsel, karringmelk, olie, eiers en

kleursel in groot mengbak. Roer met draadklitser tot gladde mengsel

en vul ’n spuitsak met ’n 1 cm-tuit daarmee.Vul whoopie-panholtes (pan

met ronde holtes van 1 cm diep) met die mengsel of spuit 2,5 cm-sirkels

op ’n bakplaat wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Bak vir 8 – 12

minute of tot gaar. Laat afkoel. Roomkaas-vulsel Plaas botter in

elektriese menger en klits tot romerig, sowat 5 – 8 minute.Voeg versiersuiker

en roomkaas by.Meng goed. Skep ’n bietjie van die versiersel op die helfte van

die gaar koekies. Plak elkeen toe met een sonder versiersel. Sif versiersuiker

oor en sit voor.