Genoeg vir 1 pizza

• 1 pizza-basis

• 125 g gerasperde mozzarella-kaas

• 90 ml sprietui-en-grasui-roomkaas

• 6 sprietuie, gekap

• sowat 12 ontpitte swart olywe

• olyfolie om oor te sprinkel

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 3 sprietuie vir garnering

Verhit oond tot 230 °C. Plaas pizza-basis op ’n bakplaat. Sprinkel mozzarella-kaas bo-op. Skep roomkaas bo-op en sprinkel sprietuie en olywe bo-op. Sprinkel bietjie olyfolie oor en geur met sout en peper. Plaas in oond en bak 10 – 12 minute. Die onderkant van die basis moet lekker bros wees. Garneer met sprietuie.