Eet die brood koud; dis baie lekker. Sit dit voor met ’n bakkie olyfolie en ’n bakkie balsemasyn.

• 30 ml olyfolie

• 500 g winkelbrooddeeg

• 8 takkies vars roosmaryn

• 1 pakkie (240 g) songedroogde tamaties, gemarineer in olie

Verhit oond tot 180 °C. Sprinkel olyfolie op ’n bakplaat. Druk die brooddeeg plat op die bakplaat. Druk die vars roosmaryntakkies in die deeg. Rangskik songedroogde tamaties bo-op en sprinkel bietjie olyfolie oor. Plaas in warm oond en bak sowat 45 minute tot gaar. Haal uit en laat afkoel.