Pavlova

  • 4 eierwitte
  • knippie sout
  • 225g (510ml) strooisuiker
  • 5ml mielieblom
  • 5ml witwyn-asyn

Verhit oond tot 140°C. Klits eierwitte en sout tot dit stywe punte vorm. Voeg strooisuiker lepel vir lepel by en hou aan met klits. Voeg mielieblom en asyn by en klits goed. Voer 'n bakplaat met bakpapier. Vorm 'n groot sirkel van sowat 20cm met meringue. Bak vir 60 minute. Laat afkoel. Plaas versigtig op 'n mooi koekstaander.

Rosé-geposjeerde pere

  • 15 ml mielieblom
  • 1 bottel rosé-wyn
  • 50 g (60 ml) suiker
  • 1 heel kaneelstok
  • skil van 1 lemoen
  • skil van 1 suurlemoen
  • 3 - 4 pere
  • 250 ml room, styfgeklop

Meng die mielieblom met 30 ml van die rosé. Hou eenkant. Verhit die res van die rosé saam met die suiker, kaneelstok, lemoen- en suurlemoenskil in ’n kastrol. Prut tot die suiker opgelos het. Skil die pere, maar hou die stingels aan. Plaas die pere in die pruttende stroop. (Jy kan eers twee pere halveer sodat hulle mooi pienk binne is. Die heel pere word nie dwarsdeur pienk nie.) Bedek en prut vir 25 minute. Keer die pere nou en dan om. Haal dan versigtig uit. Dreineer die stroop om die skil en kaneel te verwyder. Gooi die skoon stroop terug in die kastrol en voeg die mielieblom-mengsel by. Prut oor ’n lae temperatuur tot die sous verdik. Laat afkoel. Skep die geklopte room bo-op die pavlova en rangskik die pere op die room. Besprinkel met van die stroop.