(12 CROISSANTS)

  • 1 x botter-croissant-resep – tot net voor jy dit in croissant-vorms sny
  • 300 g rosyntjies
  • 200 g pekanneute, grofgekap
  • 20 ml kaneel
  • 140 g (175 ml) witsuiker
  • 1 eier, liggies geklits
  • versiersuiker, vir oorsif

Verhit oond tot 200 ºC. Sprinkel meel op werkvlak en rol deeg uit tot sowat 5 mm dik. Sny kante van deegvel tot ’n netjiese reghoek. Strooi rosyntjies op deeg gevolg deur pekanneute. Meng kaneel en witsuiker en sprinkel oor deeg. Rol deeg stewig in een groot wors. Gebruik skerp mes en sny deeg in ronde wiele van 2 cm breed. Plaas plat op bakplaat wat met kleefwerende sproei gespuit is. Verf met geklitste eier. Laat rys op warm plek vir 25 – 35 minute of tot dubbel in volume. Bak vir 25 – 30 minute of tot goudbruin. Sif versiersuiker oor en sit voor.