(sowat 16 groot koekies)

  • 200 g sagte botter
  • 140 g (175 ml) bruinsuiker
  • 140 g (175 ml) sagte bruinsuiker
  • 5 ml sout
  • 2 eiers
  • 250 g (445 ml) koekmeel
  • 350 g rosyntjies
  • 240 g (750 ml) hawermout

Verhit oond tot 180 °C. Room botter, bruinsuiker en sout saam tot lig en romerig in 'n mediumgroot mengbak. Voeg eiers een vir een by en meng goed. Voeg meel, rosyntjies en hawermout by. Meng goed. Voer 'n bakplaat met bakpapier uit en spuit met kleefwerende sproei. Gebruik 'n roomyslepel en skep balle van die beslag uit. Sit op bakplaat en druk plat tot sowat 1 cm dik. (Jy kan kleiner koekies ook maak, maar ek verkies dit lekker groot.) Bak vir 20 - 25 minute of tot goudbruin. Laat afkoel op afkoelrak.