(4 PORSIES)

  • 100 g parmesaankaas, gerasper
  • 3 ansjovisfilette
  • 6 snye brood, gekrummel
  • 60 ml botter, gesmelt
  • hand vol vars koljander
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 6 groot bruin sampioene

Verhit oond tot 220 °C. Sit alles behalwe sampioene in ’n voedselverwerker. Verwerk tot fyn tekstuur soos klam seesand. Plaas sampioene op bakplaat met rugkant na onder. Verdeel mengsel tussen sampioene en druk stewig vas. Geur goed met sout en swartpeper. Bak vir 15 – 20 minute of tot gaar.