Gebruik ’n ringpan van sowat 20 cm.

  • 120 g (130 ml) sagte botter
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 3 eiers, geskei
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 40 g (100 ml) kakao
  • 240 g (430 ml) koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 1 ml sout
  • 175 ml melk

Verhit jou oond tot 180 ºC. Room die botter en voeg een derde van die suiker geleidelik by. Klits tot lig en romerig. Klits die eiergele goed en voeg een derde van die suiker daarby. Klits tot lig en romerig. Gooi die twee mengsels bymekaar en voeg die vanieljegeursel by. Sif die kakao, meel, bakpoeier en sout saam. Voeg die meelmengsel om die beurt met die melk by die bottermengsel. Klits die eierwitte styf en voeg die laaste derde van die suiker daarby. Vou die geklitste eierwitte in die beslag in. Skep in die gesmeerde ringpan en bak vir 30 – 35 minute.

Versiersel

  • 200 g 70%-donkersjokolade

Sit die koek op ’n afkoelrak met ’n bakplaat onder. Plaas die sjokolade in ’n bak wat oor ’n kastrol met kookwater pas. Smelt die sjokolade en gooi dit oor die koek totdat dit heeltemal bedek is. Jy kan nou van die gesmelte sjokolade in ’n klein papier-spuitsak skep en die koek verder versier (soos op die foto).