• 50 g (125 ml) kakao
  • 200 ml kookwater
  • 250 g (450 ml) koekmeel
  • 7,5 ml bakpoeier
  • 360 g (450 ml) suiker
  • 7,5 ml koeksoda
  • 5 ml sout
  • 125 ml sonneblomolie
  • 7 eiergele (jumbo-eiers)
  • 60 ml koue water
  • 6 eierwitte (jumbo-eiers)
  • 2,5 ml kremetart

Verhit jou oond tot 160 ºC. Meng kakao en kookwater saam en laat afkoel. Sif koekmeel, bakpoeier, suiker, koeksoda en sout drie keer saam. Klits olie en eiergele saam met afgekoelde kakao-mengsel. Meng olie-en-eiermengsel met droë bestanddele tot ’n gladde beslag. Voeg koue water by. Klits eierwitte tot skuimerig, roer die kremetart by en klits verder tot styf. Vou eierwitte by beslag in. Gooi in ’n ongesmeerde chiffon-pan. Bak vir 50 minute. Haal koek uit die oond en laat onderstebo in die pan afkoel. Versier en rond af met sjokolade-tulles.

Versiersel

  • 30 g (30 ml) sagte botter
  • 45 ml kakao, gesif
  • 75 ml warm water
  • 250 g (480 ml) versiersuiker, gesif

Smelt botter oor lae hitte. Voeg kakao by en meng goed. Roer vir sowat 1 minuut oor lae hitte. Laat afkoel en voeg warm water by. Voeg versiersuiker geleidelik by en meng elke keer goed. Die versiersel moet effe loperig wees – wanneer jy dit oor die koek gooi, moet dit vanself teen die kante afloop.

Wenk

Jy kan ekstra warm water byvoeg as die versiersel te dik is.