Voeg ’n tikkie sjokolade by crème caramel en maak ’n heel nuwe soort poeding.

Genoeg vir 6

• 200 g (240 ml) strooisuiker

• 15 ml water

• 100 g 70%-donkersjokolade

• 400 ml melk

• 250 ml room

• 1 ml vanieljepoeier

• 125 g (150 ml) strooisuiker

• 3 eiers

• 3 eiergele

Verhit oond tot 160 °C. Gooi suiker en water in ’n pan. Plaas op stoofplaat en verhit sonder om te roer. Laat kook tot karamel vorm. Gooi karamel in ’n beker. Skink dit baie versigtig in 6 ramekinbakkies met ’n volume van so 125 ml elk. Laat staan paar sekondes en kantel dan die bakkies sodat die karamel helfte van die bakkies se rand bedek. Breek die sjokolade in blokkies en plaas in ’n mengbak. Verhit melk, room en vanieljepoeier tot net voor kookpunt saam in ’n kastrol. Gooi oor sjokolade en roer nou en dan tot sjokolade gesmelt is. Klits suiker, eiers en eiergele saam tot lig van kleur. Voeg sjokolademengsel by en meng goed. Gooi sjokolademengsel op karamel in bakkies. Plaas bakkies in ’n oondbraaipan. Vul oondbraaipan met kookwater tot halfpad so diep soos bakkies se rand. Plaas in oond en bak 45 minute tot gestol. Haal uit en laat afkoel. Plaas in yskas vir sowat 3 uur. Haal uit en keer uit op opdienborde.