Ja, jy kan roomys maak sónder 'n masjien. Vat sommer kortpad met vla uit 'n boks.

Genoeg vir 8 – 10

Vriestyd: 6 – 8 uur, of tot gevries

  • 500 ml-boks vla
  • 200 g 70%-donkersjokolade, fyngekap
  • 125 g bevrore bloubessies
  • 10 fillo-horinkies

Plaas vla en sjokolade in middelgroot pot. Roer oor lae hitte met houtlepel tot gladde mengsel. Voeg bessies by en meng goed. Gooi mengsel in bak wat vriesbestand is en plaas in vrieskas. Roer mengsel elke 20 minute met ’n draadklitser om kristalle te breek. Hou so aan tot mengsel byna heeltemal gevries is. Los om heeltemal te stol. Skep balle van die roomys en sit voor op fillo-horinkies.