(sowat 14 - 16 kolwyntjies)

  • 140 g (250 ml) koekmeel
  • 20 ml bakpoeier
  • 45 ml kakao
  • 5 ml sout
  • 4 eiers, geskei
  • 210 g (250 ml) strooisuiker
  • 125 ml sonneblomolie
  • 125 ml kookwater

Versiersel

  • 125 ml room
  • 200 g donkersjokolade, grofgekap
  • 12 macarons (of enige mooi koekie van jou keuse)
  • versiersuiker vir oorsif

Verhit oond tot 180 °C. Sif meel, bakpoeier, kakao en sout saam. Klits eiergele en strooisuiker tot lig en romerig. Voeg olie en kookwater by terwyl jy klits. Vou droë bestanddele in. Klits dan eierwitte tot sagte punte vorm en vou versigtig in. Voer kolwyntjiepannetjies uit met papierbakkies en spuit met kleefwerende sproei. Verdeel mengsel tussen bakkies en plaas in warmoond. Bak vir 15 - 20 minute of tot 'n toetspen skoon uitkom. Laat afkoel. Verhit room tot kookpunt in 'n mediumgroot kastrol en gooi oor gekapte sjokolade. Roer tot 'n gladde mengsel. Laat afkoel tot dik en romerig en skep op kolwyntjies. Druk macarons in en sif versiersuiker oor.