(8 porsies)

  • 115 g (125 ml) botter
  • 200 g (250 ml) bruinsuiker
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 2 eiers
  • 4 - 6 (500 g) piesangs, fyngedruk
  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 5 ml sout
  • 100 g haselneute, grofgekap
  • 100 g donkersjokolade, grofgekap

Vir die karamelsous

  • 200 g (250 ml) suiker
  • 60 ml water
  • 250 ml room
Verhit oond tot 180 °C. Room botter, suiker en vanielje met 'n elektriese menger. Voeg eiers een-een by en meng goed. Gooi piesang by en meng deur. Sif meel, bakpoeier en sout saam. Vou by piesangmengsel in. Vou gekapte neute en sjokolade in. Gooi in 'n pan met 'n volume van 750 ml en bak vir 50 - 60 minute of tot goudbruin en gaar. Vir karamelsous: bring suiker en water in 'n pot tot kookpunt. Laat stadig prut tot 'n goue karamel. Verwyder van hitte, gooi room by en meng goed tot 'n gladde sous. Laat afkoel en sit voor

by die piesangkoek.