Perfek vir dié wat nie van meel hou nie.

8 – 10 porsies

• 85 g (90 ml) botter

• 85 g (105 ml) bruinsuiker

• 100 g donkersjokolade, fyngekap

• 15 ml haselneutlikeur

• 3 eiers, geskei

• 100 g haselneute, fyngemaal

• 4 pere, geskil, ontklok en in kwarte

gesny

Verhit oond tot 180 °C. Plaas botter, suiker en sjokolade saam in middelslag-pot oor lae hitte. Hou aan roer tot gladde mengsel. Verwyder van hitte en voeg likeur, eiergele en haselneute by. Roer tot gemeng. Klits eierwitte tot sagte punte vorm. Vou by sjokolademengsel in. Voer ’n koekpan van 30 x 20 cm met bakpapier uit en spuit met kleefwerende kossproei. Gooi mengsel in pan. Pak peerkwarte bo-op en bak vir 45 – 60 minute.