(2 PORSIES, MET NOG EEN OM LATER TE DEEL)

  • 6 eiers
  • 500 ml melk
  • 1 vanieljepeul, in die helfte gesny en saadjies uitgekrap met die agterkant van ’n skoon mes
  • 125 g strooisuiker
  • 50 g donkersjokolade, fyngekap
  • 250 g bessies van jou keuse

Nie lus vir sjokolade nie? Dis glad nie nodig nie – jy kan dit weglaat en die beslag verdeel tussen die koppies en só bak. Pleks van die koppies in ons stap-vir-stap foto’s kan jy glaskelkies gebruik soos op die hooffoto.

  1. Verhit oond tot 160 °C. Breek eiers oop en gebruik die doppe om die eiers te skei: Gooi die geel oor ’n bak heen en weer tussen die doppe tot eierwit alles onderin bak is. Gooi gele in aparte bak.

Stap 1 Stap 1

2. Verhit die melk en vanieljesaadjies oor medium hitte. Bring tot kookpunt.

Stap 2 Stap 2

3. Voeg strooisuiker by eiergele en klits met draadklitser tot lig en skuimerig – sowat 2 – 3 minute. Gooi warm melk by en meng goed. Verdeel mengsel in twee en gooi gekapte sjokolade by een helfte. Roer tot die mengsel glad is.

Stap 3 Stap 3

4. Plaas 6 koppies wat elk sowat 125 ml vloeistof kan hou in oondpan. Verdeel altwee mengsels tussen koppies. (Jy’t 3 koppies van die vanieljemengsel en 3 van die sjokolade.) Vul pan met kookwater en plaas in oond. Bak vir 15 – 25 minute en laat verder stol in yskas. Sit voor met bessies.

Stap 4 Stap 4