Hierdie lekkerte is soos ’n looppoeding, maar jy sit dit voor in ’n bakkie met roomys en room.

genoeg vir 4

• 140 g 70%-donkersjokolade, grofgekap

• 140 g (150 ml) ongesoute botter

• 3 eiers

• 3 eiergele

• 85 g (100 ml) strooisuiker

• 45 g (80 ml) koekmeel

Voorverhit oond tot 180 °C. Smeer 6 bakkies met botter en sit dit op ’n bakplaat. Bring water tot kookpunt in ’n kastrol. Plaas sjokolade en botter in ’n glasbak wat op die kastrol sal pas. Skakel plaat af en sit bak oor die kookwater (die water moenie aan die bak raak nie). Roer elke nou en dan tot die sjokolade en botter gesmelt het. (Of smelt dit 3 minute in die mikrogolfoond, op hoog gestel.) Klits eiers, eiergele en strooisuiker met ’n elektriese klitser tot lig van kleur. Klits die sjokolade-bottermengsel by. Sif meel en vou versigtig in mengsel in. Verdeel tussen bakkies en bak 10 – 12 minute tot gerys. (Verkieslik 10 minute, want dit moet nog plat bo-op wees en nie heeltemal gestol nie. As dit bo-op bars, sal daar nie so baie van die sagte binnekant wees om uit te loop nie.) Sit dadelik voor saam met room en roomys.