Verhit oond tot 180 °C.

Kap 300 g sjokolade van goeie gehalte fyn en bring 250 ml room tot kookpunt. Gooi oor sjokolade en roer tot gladde mengsel.

Voeg 3 eiergele by en roer tot gemeng.Gooi mengsel in oondvaste bakkies van jou keuse. Plaas in oond en sit dadelik af. Los in oond vir 15 minute.Haal uit oond en laat by kamertemperatuur afkoel tot gestol.

Sit voor met vars bessies.