Sjokoladesous:

  • 1½ koppie water
  • 1½ koppie bruin suiker
  • 3 eetlepels kakao

Kook bestanddele vir sous 'n paar minute saam en hou dit dan warm terwyl poedingbeslag aangemaak word.

Sjokoladebeslag:

  • ¼ koppie botter
  • ¾ koppie suiker
  • 1 eier
  • 1 koppie meelblom
  • 3 teelepels bakpoeier
  • ½ teelepel sout
  • 1½ eetlepel kakao
  • ¾ koppie melk
  • ½ teelepel vanielje

Klop botter en suiker tot room en voeg geklitste eier by. Klop weer goed. Sif droë bestanddele saam en roer om die beurt melk by bottermengsel. Meng vanielje by. Skep beslag in 'n gesmeerde bakskottel en giet die warm sjokolade sous bo-oor. Bak sowat 30 minute in 'n matige oond.

Hier's die resep in die SARIE van Augustus 1973