(genoeg vir 6)

  • 200 g donkersjokolade
  • 1 x 500 g-houer winkelvla
  • 250 ml dubbeldik room
  • 100 g pistasieneute

Plaas sjokolade en vla in middelslagpot en roer oor lae hitte tot sjokolade gesmelt is. Verwyder van hitte en roer room by. Plaas in yskas tot koud. Vries mengsel in roomysmasjien, of sien wenk (onder) as jy nie een het nie. Skep mengsel in roomysbak, sprinkel pistasieneute oor en vries tot gestol.

Wenk

Plaas mengsel in vrieskasbestande bak en vries vir 30 minute. Roer deur en plaas terug in vrieskas. Hou so aan tot mengsel dik en romerig raak.