(sowat 35-40 truffels)

  • 290 ml room
  • 30 g glukose (by apteke te kry)
  • 500 g donkersjokolade (Lindt Swiss Classic Dark)
  • 20 ml whisky
  • 200 g donkersjokolade om truffels in te doop
  • gesifte kakao
  • 100 g pistasieneute, fyngekap

Verhit die room en glukose tot kookpunt in 'n kastrol. Kap die sjokolade fyn en sit in 'n mengbak. Giet die warm room bo-oor en roer tot 'n gladde mengsel. Gooi die whisky by en laat die mengsel tot kamertemperatuur afkoel. Gebruik 'n spuitsak of lepel om porsies sjokolade op 'n bakplaat, wat met kleefplastiek of bakpapier uitgevoer is, te vorm. Verkoel in die yskas tot hard. Smelt die 200 g sjokolade oor warm water in 'n mengbak (maak seker die sjokolade is gesmelt). Vorm nou die verkilde sjokoladeporsies in balletjies en doop dit versigtig in die gesmelte sjokolade (die proses kan herhaal word indien verlang). Rol die truffels in kakao en neute. Geniet saam met 'n glasie port