(sowat 40 enkelkoekies, 20 twee-twee op mekaar)

  • 250 g (270 ml) botter, saggemaak
  • 250 g (312 ml) suiker
  • 2 eiers
  • 250 g (445 ml) koekmeel
  • 250 g (520 ml) mielieblom
  • 5 ml bakpoeier
  • 2 ml sout

Vanieljevulsel

  • 100 g (125 ml) suiker
  • 40 g (43 ml) botter
  • 50 ml melk
  • 2 ml vanieljegeursel

Verhit jou oond tot 190 ºC. Klits die botter, suiker en eiers saam tot lig en romerig. Sif die droë bestanddele saam. Voeg die gesifte bestanddele by die bottermengsel. Meng tot ’n gladde deeg. Vorm balletjies en plaas op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Druk die balletjies plat met die agterkant van ’n vurk. Plaas in die warm oond en bak vir 15 minute. Haal uit en laat afkoel. Vir die vulsel: Verhit die suiker, botter en melk saam in ’n kastrol oor lae hitte terwyl jy roer tot die suiker opgelos is. Kook die mengsel totdat ’n sagte balletjie vorm as jy ’n bietjie daarvan in koue water drup. Haal van die hitte af en laat afkoel tot louwarm. Voeg die vanieljegeursel by en klits tot romerig. Plak die koekies twee-twee op mekaar vas met die vulsel.