(sowat 30 koekies)

  • 500 g (890 ml) koekmeel
  • 3 ml sout
  • 3 ml fyn naeltjies
  • 10 ml fyn kaneel
  • 5 ml fyn gemmer
  • 300 g suiker
  • 5 ml koeksoda
  • 200 g (220 ml) botter
  • 200 ml gemaalde amandels
  • 1 eier
  • 50 ml witwyn
  • 100 g gepelde amandels

Verhit oond tot 220 °C. Sif meel, sout, naeltjies, kaneel, gemmer, suiker en koeksoda saam. Vryf botter in die meelmengsel in tot dit soos broodkrummels lyk. Voeg gemaalde amandels by. Klits wyn en eier saam en voeg by meelmengsel. Die mengsel lyk droog, maar met die knie vorm dit 'n deeg. Rol deeg so dun moontlik uit en druk die koekies met 'n koekiedrukker uit. Plaas

op bakplate wat met bakpapier uitgevoer is en met kleefwerende middel gespuit is. Druk 'n amandel in die middel van elke koekie. Bak in warm oond vir 10 minute.