Lewer sowat 8

  • 140 g (250 ml) koekmeel
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 40 g (100 ml) kakao
  • 5 ml bakpoeier
  • 1 eier
  • 5 ml sout
  • 125 ml karringmelk
  • 125 ml sonneblomolie
  • 2,5 ml vanieljegeursel
  • 125 ml kookwater
  • 14 vanielje-en-sjokolade-boudoir-koekies

Verhit oond tot 150 °C. Voer ’n bakplaat van 33,5 x 23,5 x 1,5 cm uit met bakpapier. Spuit met kleefwerende kossproei. Plaas al die bestanddele van mengsel 1 in die mengbak van ’n elektriese menger. Meng goed teen medium-spoed. Gooi mengsel in uitgevoerde bakplaat en pak die koekies bo-op die koekdeeg. Bak 25 – 30 minute in verhitte oond. Haal uit en terwyl dit nog warm is, sny in blokke so groot soos jy verkies.