Genoeg vir 12 – 14 poffers

• 250 ml water

• 100 g botter

• 140 g (250 ml) koekmeel

• 4 eiers?Vulsel

• 50 ml water

• 300 g (375 ml) suiker

• 90 g (100 ml) gesoute botter

• 250 ml room

• 100 g donkersjokolade, gesmelt

Verhit oond tot 180 °C. Plaas water en botter in groot pot en laat kook. Voeg al die meel op een slag by en roer tot dit?in een bal saamkom. Verwyder van hitte en voeg eiers een vir een by. Meng elke keer goed. Voer bakplaat met bakpapier uit. Gebruik ’n spuitsak of skep teelepels vol van die mengsel op die bakplaat. Bak vir 30 – 35 minute of tot goudbruin.

Vulsel: Plaas water en suiker in pot en bring tot kookpunt. Laat kook tot goue karamelkleur. Verwyder van hitte. Voeg botter en 100 ml room by. Skud pot heen en weer tot alles gemeng is. Laat afkoel. Klits oorblywende room tot sagte punte en vou by koue karamel in. Vul spuitsak met mengsel. Maak klein gaatjie in elke poffer en spuit vulsel in. Stapel poffers bo-op mekaar, skep gesmelte sjokolade oor en sit voor.