Die sout van die botter gee dié karamel sy smaak.

maak 12-14 poffers

• 250 ml water

• 100 g botter

• 140 g (250 ml) koekmeel

• 4 eiers

Vulsel

• 50 ml water

• 300 g (375 ml) suiker

• 90 g (100 ml) gesoute botter

• 250 ml room

• 100 g donkersjokolade, gesmelt

Verhit oond tot 180 °C. Plaas water en botter in groot pot en laat kook. Voeg al

die meel op een slag by en roer tot dit in een bal saamkom. Verwyder van hitte

en voeg eiers een vir een by. Meng elke keer goed. Voer bakplaat met bakpapier

uit. Gebruik ’n spuitsak of skep teelepels vol van die mengsel op die bakplaat. Bak

vir 30-35 minute of tot goudbruin. Vulsel Plaas water en suiker in pot en

bring tot kookpunt. Laat kook tot goue karamelkleur. Verwyder van hitte. Voeg

botter en 100 ml room by. Skud pot heen en weer tot alles gemeng is. Laat afkoel.

Klits oorblywende room tot sagte punte en vou by koue karamel in. Vul spuitsak

met mengsel. Maak klein gaatjie in elke poffer en spuit vulsel in. Stapel poffers

bo-op mekaar, skep gesmelte sjokolade oor en sit voor.