(genoeg vir 6)

  • 275 g (490 ml) koekmeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 3 ml sout
  • 30 ml botter
  • 1 ui, fyngekap
  • 250 g spek, grofgekap
  • 10 ml gemengde gedroogde kruie
  • 100 g beleë cheddarkaas, gerasper
  • 1 eier
  • 285 ml melk

Verhit oond tot 180 °C. Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Verhit botter tot warm in middelslag-braaipan. Voeg ui by en roerbraai tot lig en deurskynend, sowat 5 minute. Voeg spek by en braai verder tot goudbruin en bros, sowat 10 – 12 minute. Roer gemengde kruie deur. Voeg kaas en spekmengsel by meelmengsel. Klits eier en melk en roer deur meelmengsel tot goed gemeng. Spuit 6 oondvaste        250 ml-koppies met kleefwerende kossproei, of gebruik ’n standaardgrootte kolwyntjiepan met 6 holtes. Verdeel deeg en bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en gaar. Sit louwarm voor.