(4 porsies)

  • 1 rooi en 1 geel soetrissie, in kwarte gesny en pitte verwyder
  • 1 rooi ui, in kwarte gesny
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 50 ml olyfolie
  • 1 kruisskyf (rump steak) van sowat 400 g
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 50 ml All Gold On-Table BBQ Sauce
  • 1 ciabatta, in vier groot stukke gesny
  • handvol vars roket

Bedien saam met

  • 4 mielies
  • 250 g kersietamaties aan die rank
  • All Gold On-Table mustard Sauce

Verhit jou oond tot 220 °C. Plaas die soetrissie- en ui-kwarte en die knoffel in ’n oondbak saam met die olyfolie. Rooster tot sag - so 20 tot 30 minute. Geur die steak met sout en swartpeper en smeer die All Gold On-Table BBQ Sauce daaroor. Die lekkerste is om die steak op die kole te braai, maar jy kan dit ook in ’n riffelpan doen. Sny die gaar steak in dik repe - so twee snye per persoon. Halveer die ciabattastukke en rooster die gesnyde kante onder die element. Plaas vars roket op die een helfte, en dan die steaksnye en groente. Bedien saam met geroosterde mielies, kersietamaties en All Gold On-Table Mustard Sauce.