(20 minute – 4 porsies)

  • 200 g rosa-tamaties, aan die rank
  • 15 ml olyfolie
  • 30 ml olyfolie
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • sap van halwe suurlemoen
  • 4 kruisskywe (rump)
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 200 ml mayonnaise
  • 30 ml korrelmosterd
  • 4 snye rogbrood, gerooster

Verhit jou oond tot 200 °C. Sit tamaties in ’n oondbak en sprinkel die 15 ml olyfolie oor. Rooster in die oond vir sowat 15 minute. Meng intussen die 30 ml olyfolie, knoffel en suurlemoensap. Gooi mengsel oor die kruisskywe. Verhit ’n riffelpan tot baie warm. Braai die kruisskywe so gaar soos jy hulle verkies. Geur met sout en swartpeper. Meng die mayonnaise en mosterd. Smeer van die mengsel op elke sny roosterbrood en plaas ’n kruisskyf bo-op. Plaas van die geroosterde tamaties (aan die rank) bo-op die kruisskyf en sit voor saam met ekstra korrelmosterd.