(8 Skons)

Verhit oond tot 180 °C. Sif 280 g (500 ml) bruismeel in groot mengbak. Sny 200 g botter in klein blokkies en voeg by meel. Vryf met vingerpunte in die meel tot mengsel soos growwe sand lyk. Voeg 170 ml volroommelk by en meng tot mengsel bymekaarkom. Keer uit op meelbestrooide oppervlak en druk plat tot sowat 2 cm dik. Druk sirkels uit met 5 cm-koekiedrukker. Plaas op bakplaat wat goed met kleefwerende kossproei gespuit is. Bak vir 20 – 25 minute of tot goudbruin.

Sit louwarm voor met styfgeklopte room en konfyt.