(4 - 6 porsies)

  • 400 g (500 ml) suiker
  • 1 liter water
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 250 ml suurlemoensap

Meng die suiker en water in ’n kastrol. Bring tot kookpunt terwyl jy aanmekaar roer om die suiker op te los. Voeg die suurlemoenskil en -sap by en laat kook vir vyf minute. Laat heeltemal afkoel. Gooi die mengsel in ’n plat plastiekbak wat in die vrieskas kan gaan en bevries. Roer ná sowat ’n uur met ’n vurk. Jy moet dié proses elke uur herhaal tot die sorbet gevries is. Dis om die yskristalle te breek en ’n gladde tekstuur te verseker. Jy kan ook ’n roomysmasjien gebruik - volg die aanwysings.