(genoeg vir sowat 24)

  • 115 g (125 ml) botter
  • 155 g (190 ml) suiker
  • 60 ml suurlemoensap
  • skil van 2 suurlemoene
  • 2 ml sout
  • 2 ml koeksoda
  • 1 eier
  • 1 eiergeel
  • 370 g (660 ml) koekmeel

Vulsel

  • 115 g (125 ml) botter
  • 260 g (500 ml) versiersuiker
  • skil van 2 suurlemoene

Verhit oond tot 180 °C. Room botter en suiker met ’n elektriese menger tot lig en romerig in ’n middelslagmengbak. Voeg suurlemoensap, skil, sout, koeksoda en eiers by.Voeg meel by en meng tot ’n sagte deeg.Draai in kleefplastiek toe en laat rus in yskas vir 25 minute. Strooi dun lagie meel op werkvlak. Rol koue deeg met koekroller uit tot sowat 5 mm dik. Gebruik vierkantige 5 cm-koekiedrukker en druk vierkante uit. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en spuit met kleefwerende sproei. Plaas koekies op bakplaat en bak vir 10 –12 minute of tot gaar. Laat afkoel.

Vulsel

Klits botter met elektriese klitser tot lig en romerig. Voeg versiersuiker by en meng goed. Voeg suurlemoenskil by en meng goed. Skep lepels vol vulsel op helfte van die koekies. Plak toe met ander helfte en druk stewig vas.

 Wenk

Gee koekies nuwe lewe met inkpatroonstempels. Doop skoon stempel in meel en druk dan liggies op rou koekies voor jy dit bak