Genoeg vir 16

• 50 ml braaisous (sien bl. 120)

• 25 ml blatjang

• 25 ml tamatiesous

• 10 ml sojasous

• 10 ml heuning

• 16 hoendervlerkies

Meng braaisous, blatjang, tamatiesous, sojasous en heuning saam in ’n mengbak. Plaas hoendervlerkies in ’n oondbraaibak. Gooi sous oor vlerkies en meng goed deur. Laat staan 1 uur. Verhit oond tot 180 °C. Plaas vlerkies in oond en oondbraai sowat 1 uur tot gaar en goudbruin.